Bid die Name van God vir 52 weke is ’n jaar lange Bybelstudie deur topverkoper-outeur Ann Spangler waarin sy God se belangrikste Name en titels bestudeer. Leer hoe om te bid met spesifieke fokus op Name soos El Shaddai, Elohim, Adonai, Abba en El Elion.
Elke week se studie bevat:
- ’n Naam van God: Ontdek wat die Naam beteken, waar dit in die Skrif voorkom en hoe dit in die oorspronklike taal geskryf en uitgespreek is.
- ’n Deel vir nadenke met vrae vir persoonlike nadenke en leiding om ’n spesifieke Naam vir daardie week te bid.
- Skrifgedeeltes vir verdere studie.
Ontdek verrassende verbande tussen die Ou en Nuwe Testament en ervaar God op ’n nuwe, dieper manier.
- ’n Bybelstudie vir 52 weke.
- Bespreek die belangrikste Name van God en Jesus uit die Ou en Nuwe Testament.
- Vir groepstudie en individue.
- 272 eenkleur-bladsye.





