Beloftes van God vir mans is ’n sakpas-geskenkboekie met tweekleur-drukwerk en bevat van God se bemoedigendste beloftes vir mans. Skrifbeloftes oor 40 temas soos ewige lewe, krag, leiding, oorwinning, sukses, volharding en voorsiening word alfabeties aangebied sodat ’n tema maklik opgespoor kan word.
- ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir mans.
- 40 relevante temas in alfabetiese volgorde.
- Tweekleur-drukwerk.
- Sagteband.





