Mini-oordenkings: Kosbare oomblikke van vrede bied 180 kort maar kragtige oordenkings wat jou lei na nadenke en rus in God se teenwoordigheid. Dit herinner ons daaraan dat wanneer ons ons bekommernisse aan Hom oorgee, ons ruimte maak vir die Heilige Gees om ons te vul met vrede wat net Hy kan bied. Elke oordenking bevat ’n kragtige vers uit die Skrif, ’n kort boodskap en ’n gebed. Temas soos God se oorvloedige liefde, gebedsversoeke, die evangelie van waarheid, om vreugde in alle omstandighede te vind en jou laste aan Jesus te gee, moedig jou aan om daagliks nader aan Hom te kom.




